Foto bo vlnr: Mignon Thomas, Danielle Steyn en Janie de Bruin
Hoërskool Witteberg leerders, Mignon Thomas, Danielle Steyn, Jani de Bruin, Milan de Villiers en Lilandi de Klerk het puik resultate behaal tydens die SA Spraak en Drama Kollege Eksamen 2020.
Die uitslae lyk as volg:
Mignon Thomas Senior II Eervolle Vermelding
Danielle Steyn Senior I Eervolle Vermelding
Jani de Bruin Senior I Lof
Milan de Villiers Senior I Lof
Lilandi de Klerk voltooi haar laaste eksamen deur die SA Spraak en Drama Kollege en slaag Senior V met eervolle vermelding.
Baie geluk aan hierdie vyf leerders!
Foto’s verskaf