Hoërskool Witteberg se leerders het deelgeneem aan die Radikale Redenaars en spog met uitstekende prestasies.
Die Radikale Redenaar se visie is om aan soveel as moontlik leerders die geleentheid te gee om voor mense op te tree.Beoordelaars moet positief bydra tot die leerders se sprekerspersoonlikhede en kritiek moet opbouend van aard wees. Die Radikale Redenaar streef daarna om die angel uit publieke optrede te haal en kinders se selfvertroue te verbeter. Alhoewel die Radikale Redenaarsfees ’n kompetisie is, moet die fokus deurentyd op deelname geplaas word en die ontwikkel van redenaars as lewensvaardigheid moet aangemoedig word.