Jurie Wessels van Hoërskool Witteberg in Bethlehem, het 5 Junie aan die Riemland junior streekskietkompetisie deelgeneem en uitstekend gevaar.
Die kompetisie het ingesluit: Drukluggeweer, randslag en veerluggeweer. Hy het 2 bronsmedaljes in presisieskiet vir randslag en drukluggeweer ontvang.
Jurie kwalifiseer ook vir Vrystaatkleure.
Well done Jurie!
Foto verskaf