Simoné Venter, `n graad 8 leerder van Hoërskool Witteberg in Bethlehen, het nie stil gesit gedurende die laaste paar maande nie. Buiten al haar suksesse op die Kunswedtryd en Radikale Redenaars het Simoné die volgende prestasies ook behaal:
Sy eindig nasionaal in die 9e plek in die Podiumpret kompetisie in die Onvoorbereide kategorie. Sy eindig ook 1e in hierdie kategorie. Sy het hiervoor `n goue toekenning ontvang.
Simoné het ook deelgeneem deel aan die International Arts Talent Show en dring deur na die finaal vir Solosang en Drama.
Tydens Op die Planke Toneelfees ontvang sy `n A vir haar Monoloog en dring deur na die nasionale finaal waar sy algeheel tweede eindig.
Baie geluk, Simoné!
Become a Sponsor








