)

Hoërskool Nelspruit: Vinculum-tradisie voortgesit

Foto: Mnr Pottie Potgieter (BUCO), Milda van Dyk en Handré Homann

Na afloop van die afsluitingsdiens vir Hoërskool Nelspruit se matrieks van 2020, het hulle die tradisie van die sluit van slotte aan die Vinculum-struktuur voortgesit. Die matrieks van 2018 het dié tradisie begin en die struktuur laat oprig.
Elke matrikulant het ‘n goudkleurige slot aan die 2020 Vinculum-ketting gesluit. Hiermee sluit die Nellie sy kosbare kleinnood van kindwees af en met die onvermydelike progressie van tyd bind hulle hulself aan hul alma mater, Hoërskool Nelspruit.
Die hoofleiers het digitale foto’s in die 2020-tydkapsule toegesluit en dit sal tydens hulle 10 jaar-reünie vertoon word.

Vlnr: Danté van der Westhuizen en Attie Smit

Die graad 11’s het ‘n heerlike piekniek vir die groep gereël en na afloop van die slotseremonie het die gr.12’s vir oulaas ‘n hond uit ‘n bos gekuier voor die aanvang van die eindeksamen op Maandag 19 Oktober.

BUCO Nelspruit is die trotse borg van die slotte.

Foto’s: Hennie Homann

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal