Jurie Wessels, `n Graad 9 leerder van Hoërskool Witteberg in Bethlehem, het die afgelope tyd aan twee aanlyn skaaktoernooie deelgeneem en uitstekend gevaar!
Jurie het tydens die Mangaung aanlyn skaaktoernooi ‘n derde plek in sy afdeling behaal. Hy het ook die afgelope naweek aan Lejweleputswa streek aanlyn skaaktoernooi deelgeneem en ‘n sesde plek in sy afdeling behaal.
Baie geluk, Jurie!
Foto verskaf