Hoërskool Witteberg is meer as net `n skool. Dis ‘n beweging wat daaraan glo om jou te bou, te vorm en voor te berei vir iets groters!
Ja, daar is toetse, klaskamers en sportbyeenkomste, maar daar is ‘n belangrike deel wat nie op papier neergepen kan word nie, dit wat ons binne jou agterlaat vir die wêreld om te ervaar.
Kom deel dus in ons ooreenkoms met jou: ons belewing van ‘n belofte, lank reeds gemaak teenoor ons Skepper. Kom lééf en ervaar ‘n wending wat die wêreld nodig het – standvastigheid, geanker in opregtheid.
Maak Witteberg steeds jou keuse!
#kiesWitteberg