Die kultuurweek van Hoërskool Waterkloof is met kreatiewe sypaadjiekuns en gedigte afgesluit.
Krytkuns op die teerpad tydens pouse en gedigte uit die hart op versierde borde, het bewys dat die Klofies nie terugstaan vir kultuuruitdagings tydens die pandemie nie.