Chrisjan van Wyk, Wilco Cilliers en Erich Süllwald het aan die Gauteng East Growthpoint Super 8-toernooi vanaf 26 Junie tot 1 Julie deelgeneem. Chrisjan van Wyk het die enkels- asook dubbels-afdeling gewen.
Chrisjan van Wyk het saam met sy spanmaat, Jordan Coutinho gespeel en het vir Erich Süllwald en Wilco Cilliers in die finaal gewen. Chrisjan het ook teen Juan-Louis Vos in die enkels-finaal gespeel en gewen.
Nadia Gouws, gr. 8, het ook deelgeneem in die o.14-dogters kategorie en het beide die enkels- asook dubbels-afdeling gewen.
Dohan Cilliers, gr.10, het ook aan die enkels- en dubbels-afdeling deelgeneem.
Dohan en sy spanmaat het in die dubbels-afdeling ‘n algehele tweede plek behaal.
Baie geluk Klofies met die mooi prestasies!
Foto bo: Wilco Cilliers en Erich Süllwald