Die Tukkie Wiskunde-kompetisie het vanjaar ‘n ander formaat aangeneem en leerders kon van 27 Julie tot 2 Augustus die kompetisie aanlyn voltooi.
Hoërskool Waterkloof het algeheel derde van die top tien skole geëindig. Vyf Klofies het die “2020 WALL OF FAME” beklee wat top plekke verwerf het.
Baie geluk aan die volgende leerders:
Reynhard van den Berg (graad 9) – derde plek
Nadine van Wyk (graad 10) – eerste plek
Lourie Bosman (graad 11) – tweede plek
Michael Dreeckmeier (graad 11) – vierde plek
Dalen Lombard (graad 11) – vyfde plek
Die top 10 skole was: Hoërskool Jan van Riebeeck (1ste), St John’s College (2de), Hoërskool Waterkloof (3de),
Parel Vallei High School (4de), Cornwell Hill College (5de), Pearson High School (6de), Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria (7de), Rondebosch Boy’s High (8ste, Horizon Hoërskool (9de) en Hoërskool Stellenberg (10de).