Wat ‘n eer was dit nie om vir Kloof-hokkie te speel nie. Jy is nie net ‘n speler nie, maar ook deel van ‘n familie waar wedersydse respek, toewyding, harde werk en trots deel van die spanne se kultuur is.
Die opbouende kultuur, lewenslesse en goeie herinneringe sal vir altyd my bybly. 2020 se hokkie-seisoen het ongelukkig nie verloop soos dit moes nie, maar dit het ons geleer hoe onvoorspelbaar die lewe kan wees en hoe ons die beste van uitdagende omstandighede kan maak.
Hou moed vriende en gebruik hierdie tyd om voor te berei vir die volgende seisoen. Klofies gaan lê nooit nie!