Die ATKV-tienertoneel het vanjaar in ‘n heel nuwe formaat plaasgevind. Deelnemers kon slegs ‘n monoloog inskryf en die monoloog moes nuutgeskrewe wees (enigiemand kon die teks vir hulle skryf). Die monoloog moes dan opgeneem word en die video is dan digitaal ingeskryf en beoordeel.
Drie VHS-leerders het uitstekend presteer:
• Tarah Höll (Gr. 11)
Tarah het selfs haar teks geskryf: Die statiese gevolge van “online dating”. Sy verwerf ‘n brons sertifikaat vir haar nuutgeskrewe teks en ‘n goue sertifikaat vir haar toneelspel. Tarah was beoordeel deur Dr. Andrè Gerber en Henrietta Gryffenberg.
• Gerhard Viviers (Gr. 12)
Gerhard en Liana de Vries (VHS-oudleerder) het gesamentlik sy teks geskryf: Siri, hoe maak mens piesangbrood? Gerhard verwerf ‘n brons sertifikaat vir stel, rekwisiete en kostuums en ‘n silwer sertifikaat vir sy toneelspel. Gerhard was beoordeel deur Waldemar Schultz en Amalia Uys.
• Helen Faber (Gr. 12)
Helen het selfs haar teks geskryf: Isolasie. Sy verwerf ‘n brons sertifikaat vir haar nuutgeskrewe teks en ‘n brons sertifikaat vir haar toneelspel. Helen was beoordeel deur Dr. Andrè Gerber en Henrietta Gryffenberg.