Clifton Wagenstroom, ‘n graad 10-leerder aan Hoërskool Strand, het tydens die nasionale inperking vir die toneelkompetisie, “Speeltoneel 2020” ingeskryf. Op 19 Augustus 2020, het hy die nuus ontvang dat hy gekies is om aan hierdie projek deel te neem.
Dit behels die geleentheid om vir 12 maande deur professionele akteurs soos Desiré Gardner (Carmen van Suidooster), Reynardt Hugo (Tertius van Binnelanders), Germandt Geldenhys (Louise van Binnelanders en Je-Ani Swiegelaar (Naomi van Binnelanders) gefasiliteer te word.
In hierdie 12 maande kry Clifton ‘n geleentheid om op televisie te verskyn asook individuele aandag en maandelikse notasessies van sy fasiliteerder. Deur die loop van die jaar gaan die fasiliteerders druk besig wees om interessante televisiesketse te skryf waaraan die leerders die tweede deel van die jaar sal werk. Dit word opgeneem om op televisie uitgesaai te word. Clifton se eerste les het alreeds die eerste week van September begin.
As dramaleerder van Hoërskool Strand is hy baie opgewonde om aan hierdie projek deel te neem. Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid vir Clifton. Hoërskool Strand wens hom alles sukses toe en weet hy sal die skool trots maak.