)

Hoërskool Strand leerder kry geleentheid by “Speeltoneel 2020”

Clifton Wagenstroom, ‘n graad 10-leerder aan Hoërskool Strand, het tydens die nasionale inperking vir die toneelkompetisie, “Speeltoneel 2020” ingeskryf.  Op 19 Augustus 2020, het hy die nuus ontvang dat hy gekies is om aan hierdie projek deel te neem.

Dit behels die geleentheid om vir 12 maande deur professionele akteurs soos Desiré Gardner (Carmen van Suidooster), Reynardt Hugo (Tertius van Binnelanders), Germandt Geldenhys (Louise van Binnelanders en Je-Ani Swiegelaar (Naomi van Binnelanders) gefasiliteer te word.

In hierdie 12 maande kry Clifton ‘n geleentheid om op televisie te verskyn asook individuele aandag en maandelikse notasessies van sy fasiliteerder.  Deur die loop van die jaar gaan die fasiliteerders druk besig wees om interessante televisiesketse te skryf waaraan die leerders die tweede deel van die jaar sal werk.  Dit word opgeneem om op televisie uitgesaai te word.  Clifton se eerste les het alreeds die eerste week van September begin.

As dramaleerder van Hoërskool Strand is hy baie opgewonde om aan hierdie projek deel te neem. Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid vir Clifton. Hoërskool Strand wens hom alles sukses toe en weet hy sal die skool trots maak.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal