Joanè Mouton (O/15) van Hoërskool Vryburg, is met die Victrix Ludorum gekroon by die jaarlikse Interhoër Atletiekbyeenkoms op 14 Februarie wat vanjaar op Schweizer-Reneke gehou is. Sy het by die byeenkoms weggestap met 5 eerste plekke: 100m, 200m, 400m, 90m hekkies en 300m hekkies. Sy was ook deel van die O/15 dogters-aflosspan wat 3de geëindig het.
Foto deur Melani van der Merwe