)

Hoërskool Upington vereer Graad 12’s tydens prysuitdeling seremonie

Foto Bo vlnr: Ruan le Roux, Berna Killian en Geralda de Wee

Hoërskool Upington het onlangs hul gr.12`s vereer tydens `n prysuitdeling seremonie.

Pragtige prestasies is behaal t.s.v. ongewone en stresvolle omstandighede.

Aan dié wat nie `n prys ontvang het nie – onthou: “Ambition is the path to success. Persistance is the vehicle you arrive in.”

Fokus op jou droom en bly getrou daaraan; dan sal sukses jou nie verbygaan nie.

Baie geluk aan al die pryswenners. Uppies hou hul oog op julle in die toekoms. Julle is Uppies se uitvoerprodukte en die skool spog graag met julle.

Bekerwenners vir Kreatiewe skryfstuk

Die drie dogter ontvang die bekers vir beste kreatiewe skryfwerk in die verskeie tale. Van links na regs: Nina Slabbert vir English First Additional Language, Chrizelle Strysom vir English Home Language en Toa Strauss vir Afrikaans Huistaal.

Alwyn Le Roux Trofee  vir beste ruiter

Jessi Wessels ontvang die Aalwyn le Roux wisseltrofee vir beste ruiter. Sy word verkies tot beide die Senior Protea Ruiterkuns spanne: Driegang en Vyfgang. Sy word ook aangewys as Kaptein van die driegang Senior Protea span. Sy word ook aangewys as die tweede beste ruiter in Suid-Afrika.

Jessi Wessels

 

De Humanitate wenners

Hierdie vier leerders ontvang die De Humanitate toekenning van die skool.

Hierdie is die hoogste toekenning wat die skool aan ‘n leerder kan gee.

Veelsydigheid is ‘n belangrike faset van hierdie toekenning. Benewens akademiese prestasies word daar ook gekyk na leierskap en prestasies op sport en kultuur gebied. Vier leerders ontvang in 2020 die De Humanitate toekenning.

Vlnr: Berna Kilian, Jessi Wessels, Ruan le Roux, Nina SlabbertAuto Luxus Trofee

Chrizelle Strydom ontvang die Auto Luxus Trofee vir haar volgehou bydrae tot drama by Hoërskool Upington. Sy het tydens die grendeltyd aan verskeie aanlyn kompetisies deelgeneem en baie goed presteer. By die Dramaweb SA kompetisie het sy ’n tweede plek op nasionale vlak verower.

Sy neem ook deel aan die FAK Allegretto kompetisie en ontvang die volgende toekennings: Teks: Goud, Tegnies: goud, Produksie: goud, Spel: goud. Sy is ook 1 van die top 7 finaliste in die kompetisie. Laastens neem sy deel aan die ATKV Tienertoneel kompetisie. Sy word gekies as 1 van die Super 12 finaliste. Die finale rondte word op 14 November gehou.

Chrizelle Strydom

Beker vir Beste Senior Redenaar

Chrizelle Strydom ontvang die beker as beste Senior Redenaar vir 2020. Sy behaal ‘n eerste plek landswyd tydens die Radikale Redenaarskompetisie wat tydens die grendeltyd via Zoom afgehandel is.

Chrizelle Strydom

Beker vir Beste Kreatiewe Skryfstuk in Engels huistaal

Chrizelle Strydom ontvang die beker vir “Best Creative Writing in English Home Language”. Chrizelle is ‘n kranige skryfster en haar skryfwerk het aan verskeie toekennings gewen.

Chrizelle Strydom

Internasionale Sportster

Jessi Wessels ontvang die Internasionale Sportster trofee vir haar uitstekende prestasie om vir die Protea Ruiterkuns spanne gekies te word. Sy word ook aangewys as Kaptein van die Senior Protea Span in die driegang afdeling.

Jessi Wessels

Robertson Beker

Ruan le Roux ontvang die Robertson Beker vir sy prestasie in Wiskunde Graad 12. Hy behaal ‘n gemiddeld van 94.5%.

Ruan le Roux

Top 3 in Graad 12

Top 3 in Graad 12 vir 2020.  Eerste: Ruan le Roux – 91.5% gemiddeld, Tweede: Berna Kilian – 89.4% gemiddeld; Derde: Geralda de Wee – 88.6% gemiddeld.

Baie geluk aan al die pryswenners. Uppies hou hul oog op julle in die toekoms. Julle is Uppies se uitvoerprodukte en die skool spog graag met julle!

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal