Netball is Life, everything else is just a game.
Die O/17A netbalspan het gedurende die naweek van 3 tot 6 Augustus 2017 aan die S.A. Top Hoërskole Netbal Kampioenskappe in Boksburg by Hoërskool E.G. Jansen deelgeneem. Hier het dié span die geleentheid gehad om teen die room van die 9 provinsies in ons land mee te ding.
Ons is trots om te kan sê dat hierdie span algeheel 14de uit 21 skole by SA’s en 2 500 skole in die land geëindig het.
Hierdie span het slegs met vier doele teen die Goue medalje wenners in die O/17 afdeling (Potchefstroom Gimnasium) verloor.
Dit was `n besondere toernooi vir hierdie span en hulle sluit hul seisoen so op `n hoë noot af.
…soos die span se leuse vir die afgelope seisoen lei: If I believe in myself, we will become UNSTOPPABLE. Hierdie span het dit elke dag van die jaar uitgeleef en hard gewerk om hul droom as `n span te verwesenlik.
Sterkte met jul netbal loopbane vorentoe en mag elkeen van julle nog hoë hoogtes bereik.