[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text]
Die 0/17A “Fast 5″ netbalspan het die afgelope vakansie, vanaf 2-3 Oktober , aan die SA-skole Kampioenskappe in Vanderbijlpark deelgeneem.
Die span het bewys Uppies-netbal kan ook in ander vorme van netbal presteer. Hulle het kragte gemeet teen magtige spanne soos Sentraal, HTS Middelburg en Monument om net `n paar te noem en eindig as die 12de beste span in Suid-Afrika.
`n Baie groot hoogtepunt was toe die span ook bekende gesigte soos Zandré Erasmus (PUK verdediger) en Renske Stols (Protea speler) op die toernooi raak geloop het. Baie dankie ook aan hierdie 2 spelers wat met geen moeite saam met die kinders `n foto geneem het nie.
Baie geluk aan die span met hulle prestasie.
Foto:
Gillian du Plessis, Melonice Kordom, Cleo Minnaar, Anri Kotzé, Lorraine Groenewald, Liché Prinsloo, Nicolene Loots, Dirette Oberholster
[/et_pb_text][et_pb_image _builder_version=”3.0.73″ src=”http://northerncape.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/10/Netbal-Fast5.jpg” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” sticky=”off” align=”left” always_center_on_mobile=”on” border_style=”solid” force_fullwidth=”off” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]