Elanie Brand het gedurende die afgelope vakansie die Noord-Kaap Tennisspan verteenwoordig by die Interpro in Pretoria. Dit is n groot toernooi waar elke provinsie se beste spelers deelneem teen mekaar. Elanie het mooi tennis gespeel en het daarin geslaag om die SA Skole 0/17 span te haal. Sy gaan gedurende die Junie-vakansie saam met die span na Engeland toer.
Baie geluk, Elanie.
Uppies is trots op jou!