Elanie Brand het die afgelope vakansie aan die Interprovinsiale Tennistoernooi in Pretoria deelgeneem vir 0/15. Sy het haar uitstekend van haar taak gekwyt deur 9 uit 10 enkelwedstryde te wen. Sy word opgeneem as reserwe (een van 8 spelers) in die 0/15 SA-skolespan wat in Junie aan toernooie in Engeland gaan deelneem.

Sy word egter ook uitgenooi deur die Abrie du Plooy Tennisakademie in New Orleans Louisiana in Amerika om gedurende die Junie vakansie deel te neem aan die Wilson Tenniskampe waar sy saam met die top junior tennispelers van Amerika sal afrigting kry en ook in ‘n toernooi sal speel teen kinders van regoor die wêreld.

Baie geluk aan Elanie met hierdie pragtige prestasie en baie sterkte vir die toernooie wat voorlê. Uppies is voorwaar trots op jou.

Become a Sponsor