Tydens ‘n ZF Mcgawu streekstoernooi gehou vir skaak te Simbruner Primêre Skool, het twee van Uppies se graad 10 dogters deelgeneem.
Dit was hulle eerste toernooi en hulle het teen graad 12 leerders deelgeneem. Daar is vyf stelle gespeel en beide die dogters het twee van die vyf stelle gewen.
Hulle het die verloor as positief ervaar waar hulle uit hul foute kan groei in die spel. Baie dankie Mi-Jeanne de Wit en Letitia Andries dat julle ons verteenwoordig het.
Uppies is trots op julle!
Foto bo: Mi-Jeanne de Wit en Letitia Andries