Tydens die vierde Noord-Kaap skietkompetisie, gehou op 27 en 28 Julie by Laerskool Oranje Noord in Upington, het Hoërskool Upington se skuts baie goed gevaar.
By die o/21 Sportergeweer kry Juan Steenkamp twee goue en Elné du Toit twee silwer medaljes. Albei met baie mooi tellings behaal. Juan kry 550 en Elné kry 549 in die drie-posisie en Juan 347 met ‘n baie mooi staanposisie.
Janko Botma kry twee goud vir o/14 Veergeweer met ‘n baie mooi telling in die drie-posisie (514) en ‘n
nuwe rekord in die staanposisie (338).
Quinette van Niekerk kry brons in die lugpistool afdeling.
Foto vlnr: Janko Botma, Juan Steenkamp, Elné du Toit en Quinette van Niekerk