[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_gallery _builder_version=”3.0.95″ posts_number=”8″ show_title_and_caption=”on” show_pagination=”off” gallery_ids=”17443,17444,17445,17446,17447,17448,17450,17454″ fullwidth=”off” orientation=”landscape” zoom_icon_color=”#007dc2″ hover_overlay_color=”rgba(255,255,255,0.9)” background_layout=”light” pagination_font_size_tablet=”51″ pagination_line_height_tablet=”2″ /][et_pb_text _builder_version=”3.0.95″ background_layout=”light”]
Op 3 en 4 Maart het die jaarlikse tog na Bloemfontein plaasgevind waar Hoërskool Upington deelgeneem het aan die McDonalds Fichardtpark Sportdag. Al 6 Uppies se hokkiespanne het die tog meegemaak en die twee 1ste spanne het Vrydagaand hul eerste wedstryd gespeel. Tydens hierdie naweek het Uppies teen ‘n verskeidenheid spanne meegeding, waarvan sommige wedstryde vele uitdagings gebied het, maar die Uppie Hokkie kinders het waarlik deursettingsvermoë getoon en het nooit opgegee nie.
Die uitslae is as volg:
1ste span Dogters:
- Uppies vs Jim Fouché 1 – gelykop (0-0)
Speler van die Wedstryd – Liza Slabbert
- Uppies vs Eunice Colts – verloor (0-1)
Speler van die Wedstryd – Jolene Goussard
- Uppies vs Oranje 2 – verloor (0-5)
Speler van die Wedstryd – Anneri van der Merwe
Die Eerste span Dogters het tawwe teenstanders gehad die naweek, maar het hard probeer en nooit gaan lê nie. Uppies is trots op elkeen van die dogters en sien uit na ‘n lekker seisoen wat voorlê
2de span Dogters:
- Uppies vs Jim Fouché B – verloor
0/16A Dogters:
- Uppies vs Zastron – wen
Speler van die Wedstryd – Nelmare Lubbe
0/16B Dogters:
- Uppies vs Jim Fouché B – gelykop
- Uppies vs Brebner – gelykop
1ste span Seuns:
- Uppies vs Jim Fouché 1 – verloor
- Uppies vs Riebeeckstad – gelykop
- Uppies vs Welkom Gimnasium – wen
2de span Seuns:
Nadat die opponent, Riebeeckstad, eers halftyd opgedaag het, kon die seuns ongelukkig net een helfte speel en verloor ongelukkig die wedstryd.
Uppies Hokkie is baie trots op elke speler se gedrag op en van die veld. Hul het ware Uppie- karakter getoon en nooit moed opgegee nie. Ons bedank ook elkeen van die ouers en vriende wat die spelers kom ondersteun het, sowel as elkeen van ons borge vir hul bydrae.
‘n Groot dankie ook aan Mnr. Bernard Fourie vir die pragtige aksiefotos!
Spanfoto:
Voor – Z. du Plessis
Middel vlnr – Y. Steenkamp, T Strauss, A Bruwer (o/k), L. Slabber, G. Nell
Agter vlnr – Mnr. C Wessels, A. vd Merwe, Z. Strauss, E. Theunissen, C. Richter, I. Wessels (k), T. Zaayman, J. Goussard, L. v Niekerk, E. Arnon, Mev. E Wessels
0/16 Dogters spanfoto:
Voor – K. de Beer, C. Niewoudt
Middel vlnr – N. v Niekerk (k), I. Smith, J. Nel
Agter vlnr – N. Hoft, Juf. Y Botes, M. Vorster, Z. Blunden, S. Lonte, C. Kulsen (o/k), C. Koert, E. v Niekerk, J. Swanepoel
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]