Drie Uppies het deelgeneem aan die Upington Saalperd Streekskou wat plaas gevind het op 13 en 14 Oktober 2017 in Upington. Hulle is Toanita Strauss, Jessi Wessels en Inge Wessels.
Die uitslae was as volg:
1. Toanita Strauss
3 Gang Plesierperd Ruiters 18 jaar en onder – eerste plek
Groot Kampioen 3 Gang Plesierperd – eerste plek
2. Jessi Wessels
5 Gang Plesierperd Ruiters 18 jaar en Onder – eerste plek
Driegang Kinder Ryperd 14 Jaar en onder – tweede plek
Groot Kampioen 5 Gang Plesierperd – eerste plek
Groot Kampioen 3 Gang Kinderryperd – 3de plek
3. Inge Wessels
5 Gang Natuurlike maanhaar en stert – eerste plek
Groot Kampioen 5 Gang Kinderryperd – eerste plek
Jessi en Toa het ook deelgeneem aan die Ruiterkuns Toetsklasse waarvan die uitslae nog nie beskikbaar is nie. Ons hou duimvas dat beide van hulle in die Noord Kaap Ruiterkuns span opgeneem sal word wat aan die Nasionale Proewe gaan deelneem in Parys vanaf 24/01/2018-27/01/2018
Uppies kan voorwaar TROTS wees op hierdie driemanskap wat baie moet opoffer om hulle sport te kan beoefen.
Foto:
Jessie Wessels, Mary-Ann Lovemore (Douglas), Inge Wessels en Toanita Strauss