)

Hoërskool Upington Rugby Springbok – Jasper Wiese

Foto: Jasper Wiese tydens die eerste wedstryd teen Argentinië

Hoërskool Upington Rugby se Jasper Wiese, die B&I Leeutemmer, het onlangs Uppies se 4de Springbok geword. Jasper is in Upington gebore en getoë. Hy is ook die jonger broer van die oud-Springbok, Cobus Wiese.

Hierdie Springbok van Hoërskool Upington het sy debuut gemaak teen die legendariese Britse en Ierse Leeus op 7 Augustus. Hy is 5 Junie vanjaar opgeroep vir die Springbokspan se 3de wedstryd teen die Leeus.

Hoërskool Upington se 4de Rugby Springbok

Jasper is egter nie die 1ste oud-leerder van Hoërskool Upington Rugby wat die voorreg gehad het om teen die Britse en Ierse Leeus te speel. Dan praat ons nie eens van die eerste oud-Uppie wat ʼn reeks teen hulle wen nie!

Jasper se reaksie: “Dit is ‘n gevoel van onwerklikheid. Ek kan nie glo ek het die voorreg gehad om deel te wees van dit nie. Die manne is baie tevrede met die wen en is alweer op die volgende wen se spoor.”

Jasper is as nuweling dalk die hongerste vir wen, veral omdat hy nou sulke goeie rugby speel. Hy het ‘n barshou die naweek teen die Argenteine gespeel en is aangewys as die speler van die wedstryd!

Jasper se Rugbyloopbaan

In sy loopbaan by Hoërskool Upington Rugby, was Jasper in 2011 ingesluit in die O.16 Grant Khomo Week reeks tydens die Queenstown-toernooi. Tydens hierdie toernooi het hy 3 drieë gedruk. Gedurende 2012 het hy vir die O.18 Cravenweek gespeel. Hy het ook sy span in die O.18 Craven Week in Polokwane gespeel. vanaf 2014 tot 2016 vir die Vrystaat en CUT Ixias gespeel. In 2017 het hy vir die Cheetahs en Griffens op die veld gedraf. Verder het hy reeds in die Pro 14 vir die Cheetahs gespeel. Hy het ook vir die Vrystaat Cheetahs in die Curriebeker en die Free State XV in die ‘Rugby Challenge’ uitgedraf. jasper het ook die voorreg gehad om vir die Leicester Tigers in die ‘England’s Premiership Rugby’ te speel.

Gedurende 2011 was hy ook ingesluit in die O.16 Grant Khomo Week reeks tydens die Queenstown-toernooi. In hierdie toernooi het hy 3 drieë gedruk. In 2012 het hy vir die O.18 Cravenweek gespeel. Hy het ook sy span in die O.18 Craven Week in Polokwane gespeel.

Jasper kan uitsien na ‘n baie suksesvolle rugbyloopbaan vir die toekoms!

Baie geluk, Jasper, en sterkte met die res van die toernooi. Uppies staan agter jou!

Meer oor Hoëskool Upington:

https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/northern-cape/northern-cape-schools/

http://www.uppies.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal