[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_gallery _builder_version=”3.0.95″ show_title_and_caption=”off” show_pagination=”off” gallery_ids=”17528″ fullwidth=”off” orientation=”landscape” zoom_icon_color=”#007dc2″ hover_overlay_color=”rgba(255,255,255,0.9)” background_layout=”light” pagination_font_size_tablet=”51″ pagination_line_height_tablet=”2″ /][et_pb_text _builder_version=”3.0.95″ background_layout=”light”]
Uppies-netbal se 14A, 15A, 17A en 19A spanne het gedurende die April-vakansie aan `n netbal kliniek by Monument Hoërskool in Krugersdorp deelgeneem. Die kliniek is aangebied deur Dorette Badenhorst en haar bekwame span wat saam met haar afrig.
Die spanne het baie hard gewerk en daar is veral gefokus op aspekte soos posisie spesialisering, sirkelspel vir doele en verdediging, spanverdediging en aanval.
Die dogters het nie net hard gewerk nie, hulle het mekaar ook beter leer ken deur spanbou aktiwiteite en hulle het ook geleer hoe om wedstryde te analiseer.
Op die laaste dag van die toernooi het elke span ook 4 oefenwedstryde gespeel teen spanne wat ook die kliniek bygewoon het. Hierdie spanne sluit gedugte skole soos Noordheuwel, Monument, Vryburg, Rand Park en Frikkie Meyer in, om net `n paar te noem.
Die 14A span wen al 4 hulle wedstryde, 0/15A wen 3 van hulle wedstryde, 0/17A wen 2 van hulle wedstryde en die 0/19A span wen 3 van hulle wedstryde.
Foto 3:
Links van agter: Abongile Mchlauli, Liané Kapp, Riana Steenkamp, Anke Engelbrecht
Links van voor: Anri Kotzé, Jolizé Swanepoel, JuF Elma Lombard, Joané van den Heever, Susan Hanekom.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]