Foto vlnr: Juanique Visagie en Mienke van den Heever
Kultuur is hoog op Uppies se prioriteitslys en daarom kan ons met trots sê dat ons leerders selfs in die Covid tyd baie goed presteer het.
Met min hulp en baie aanmoediging het Juanique Visagie (gr.9) en Mienke van den Heever aan die Internasionale Afrikaans – Ekspo deelgeneem.
Die twee het in verskillende kategorieë deelgeneem en baie goed presteer. Mienke het in die opstelafdeling `n goud verwerf met die inskrywing: “Laat jou emosies dans”.
Juanique het in 3 afdelings deelgeneem en self baie, baie goed presteer. Sy het silwer gekry vir haar Resensie en silwer vir haar opstel: “Musiek is eintlik soveel genade”. Dit is egter haar goud in die Poësie afdeling wat besonders is. Sy kry goud vir haar gedig “Hartsnare” en sy verwerf 90% wat vir haar `n plek in die Top 20 besorg.
Baie, baie geluk julle 2 sterre!
Foto verskaf