Foto bo lings: Noord Kaap Gholf se president, Francois Mulder, oorhandig ‘n prys aan Jano. Foto regs: Jano en Francois
Jano Malan en PA Karsten van Hoërskool Upington, het gedurende die naweek aan die Karoo-ope in Upington deelgeneem. Die Karoo-0pe is een van die Noord-Kaap se meriete toernooie. 77 Van die Noord-Kaap se beste spelers het deelgeneem aan die toernooi. Jano het algeheel 2de geëindig en was die beste junior speler van die toernooi.
PA Karsten het 41ste geëindig en is aangewys as die 3de beste junior.
Baie geluk, julle twee en sterkte met jul gholf loopbaan.