Elanie Brand, ‘n graad 11-leerder aan Hoërskool Upington, is gekies as die September wenner van die Let’s Play Sportster van die maand vir haar prestasies in tennis.
Elanie is haar skool se nommer 1 speler en beklee ook die nommer 1 posisie op die Noord-Kaap ranglys vir beide 0/17 en 0/19 dogters. Sy is opgeneem in die Suid-Afrikaanse skolespan wat in Junie in Brittanje gaan deelneem het aan die UTR (Universal tennis ranking) toernooi waar sy ook die derde plek op die ranglys van die SA-span beklee het.
Elanie sal nou in aanmerking kom vir die sportster van die jaar wat aan die einde van die jaar bekend gemaak sal word.