Dinsdag, 14 Augustus, het Hoërskool Upington se koor, Uppies Camerata, weer opgetree by ons jaarlikse koorfees.
Die aand was `n ongelooflike sukses en massas mense het die aand bygewoon en die kore het pragtig gesing.
Die gaste van die aand het die voorreg gehad om na 7 plaaslike kore te luister en kon hoor hoe die opregte kinderstemmetjies van die Fanie Malan koor groei tot die volwasse klanke van `n koor soos Uppies Camerata.
Die aand is afgesluit met `n massakoor wat The Caravan Song gesing het. Daar was min droë oë in die saal nadat Cyrikus Cloete sy dromme gevat het en die massakoor begelei het.
Wat `n pragtige afsluiting van dié besonderse aand. Net toe daar `n einde aan die aand gekom het, het die kore weer outomaties begin sing en saam met Cyrikus en sy drom het hul gesange die gaste huis toe gevolg.