Wat `n fees was dié jaar se kleure-atletiek nie!
Ten spyte van die feit dat dit `n middag-byeenkoms was én ten spyte van die hitte, het die atlete opgedaag en in hul massas aan items deelgeneem.
Hulle moet hard werk en baie deelneem, want as jy kon bewys dat jy aan ten minste 5 items deelgeneem het, kon jy ná die byeenkoms aan `n waatlemoenfees deelneem.
Die waatlemoenfees ná die warm middag van sport was `n treffer! Hoewel die waatlemoene meer op die kop as in die monde was, was dit `n heerlike ontspannende tydjie en kon ons só `n heerlike warm dag op `n lekker noot afsluit.