Agter vlnr: Salmon Beukes, Albru Bruwer, Nielbert Kitching en Altus van den Heever,
Voor vlnr: Jaco Beukes en AW Duvenhage
Hoërskool Upington se tweede Besigheidsliga-Kriekettoernooi het op Vrydag, 20 September begin. Agt besighede het spanne ingeskryf waar elke span oor 5 Vrydae gespeel het. Vrydag, 25 Oktober,was die finale rondte waar elke span uitgespeel het vir ʼn posisie om ʼn prys te wen.
Hier kon die besighede ʼn bietjie ontlaai van alle spanning. Min dinge is so lekker soos ʼn vuurtjie, ʼn biertjie en ʼn paar lopies op die koop toe. Saam met die pret is die manne van die “seuns” geskei en het Upington Toyota met die beker weggestap.
Baie dankie aan die volgende besighede wat deelgeneem het: Motolek, Upington Volkswagen, Walkers’s Midas, Intertekens, Nel en Vennote, Karsten Boerdery, Hudson Transport en Upington Toyota.