Tydens die onlangse Twinning Atletiekbyeenkoms tussen die ZFM Streek en die Karas-Streek van Namibie, het JJ Snyders van Hoërskool Upington, weereens briljant presteer.
JJ het die trofee gekry vir die Victor Ludorum van die dag. Hy het as volg presteer: S o/17 110mH in 14,83s en in dieselfde ouderdomsgroep die 100m in 10,88s.
Voorwaar weereens ‘n goeie prestasie. JJ lewer volgehoue fantastiese resultate en is nog tot groot hoogtes instaat.
Foto: JJ Snyders