Foto: vlnr: Lorraine Kotzé en Christine Esterhuizen
Uppies se netbal kook! Twee van Uppies se netbal afrigters, Mev Lorraine Kotze en Mev Christine Esterhuizen, het hul “Level 2” gradering in afrigting behaal.
Slegs 5 afrigters in die Noord-Kaap het tans hierdie gradering. Beide hierdie afrigters was die afgelope jare ook betrokke by verskeie provinsiale spanne as afrigters, waar hulle baie goeie resultate gelewer het.
In 2017 het Mev Esterhuizen by die Nasionale toernooi ‘n silwer medalje verwerf met haar span.
Baie geluk aan mevv Kotze en Esterhuizen. Uppies is trots op julle!