Hoër Meisieskool Oranje het vyf matrieks opgelewer wat die gesogte Nasionale Presidentsverkenner-toekenning verwerf het.
Dis die hoogste eerbewys wat ’n Voortrekker kan kry. Dié proses sluit in die bywoning van ’n sekere aantal gebiedskampe, die suksesvolle voltooiing van ’n sekere aantal spesialisasies en take, goeie getuigskrifte van die skool, kerk en Voortrekkerkommando sowel ’n vereiste aantal jare diens in die Voortrekkers.
Baie geluk.
Ons is trots op julle!!
Hou koers!!!