Hoërskool Tygerberg het die afgelope week teen Hoërskool Brackenfell in gholf, skyfskiet, skaak en tafeltennis meegeding.
Met die skyfskiet en skaak het die Tiere gelykop geëindig, maar ongelukkig moes hulle die knie buig by die gholf en tafeltennis!
Hulle kan wel spog dat die Tiere nooit gaan lê het nie en tot die einde goeie veggees en sportmanskap getoon het.