Vlnr: Janine Visser (Helderberg Kliniek, adminbestuurder), Rocco van Rooyen (Olimpiese spiesgooier), Pieter Smith (Life Path Health), Adré Potgieter (maatskaplike werker / berader Hoërskool Strand).
Oktober is geestesgesondheid bewusmakingsmaand. Helderberg Adolessente kliniek vir tieners met depressie in die Strand, het hande gevat met Hoërskool Strand. Rocco van Rooyen, Olimpiese spiesgooier, Survivor deelnemer en finalis van Mnr. SA en Men’s Health voorbladster het die tieners gemotiveer om te praat oor hul probleme, om om te gee vir mekaar en om ‘n volwasse mentor in hul lewens te kry. Youth Zone se 24 uur hulplyn is vir tieners bekend gemaak en is deel van Life Path Health se inisiatief.