[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”1_2″][et_pb_image _builder_version=”3.0.105″ src=”https://westerncapect.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2018/05/Oranjerivierroei-foto-3.jpg” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” always_center_on_mobile=”on” force_fullwidth=”off” show_bottom_space=”on” /][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_2″][et_pb_image _builder_version=”3.0.105″ src=”https://westerncapect.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2018/05/Oranjerivierroei-foto-1.jpg” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” always_center_on_mobile=”on” force_fullwidth=”off” show_bottom_space=”on” /][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text]
Oranjerivier Roei 2018
Pieter Welgemoed en Danie Theron
Donderdag, 26 April, het 52 matriekleerders en vyf personeellede na die Oranjerivierroei wat beskou word as een van die aangenaamste toere wat ‘n matriekleerder van Hoërskool Strand kan ervaar, vertrek. Die oggend is geseën met reën terwyl die tasse opgewonde gelaai is. Dieselfde aand het die groep by Amanzi se kampterrein in Namibië langs die rivier, oornag.
Almal was baie gretig om die eerste dag af te skop en die toer te begin en te beleef. Die hoë watervlakke het baie makliker roeitoestande as in die verlede tot gevolg gehad, wat al die roeiers die geleentheid gegee het om lekker op die water te gesels en mekaar nat te gooi en baie pret te hê. Die landskap rondom die rivier het ook elke dag verander en verskillende pragtige natuurbeelde vir die toergroep te gee. En so het die Arende hierdie natuurwonder wat tussen die klowe is, beleef.
Die laatmiddae en aande het vir die meeste pret gesorg. Vriende het gekuier en geselsies gemaak. Die vuur is aangesteek en reggemaak vir die aandete en die natuur is bewonder en waardeer. Die helder maan wat elke aand verskyn het en die sterre in die agtergrond langs die beeldskone rivier, is iets wat nooit vergeet sal word nie.
Nuwe vriende is in die middae gemaak en enorme visse is saans gevang. Grappe is gemaak op die water en harde werk deur die dag is elke aand met ‘n perfekte aand beloon. Die terugry huis toe op Maandag 30 April was hartseer, maar nie een van die leerders sal terugkyk sonder om te sê : “Wow wat ‘n belewenis!” Die leerders wil graag almal hartlik bedank wat die toer moontlik gemaak het. Dit het stories aan die nageslag geskep en soveel sterker jong volwassenes gevorm.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]