Die 0.19A-netbalspan van Hoërskool Strand het die afgelope naweek aan die Clanwilliam Superspar-netbaltoernooi in Clanwilliam deelgeneem.
Hulle het oorwinnings behaal oor Vredendal (21 – 12), Lutzville (17 -11) en Mitchell’s Plain (23 – 17).
Hulle eindig tweede in hul poel en eindig algeheel vierde uit 12 spanne in die 0.19-kompetisie.