Op Vryheidsdag, 27 April 2017, het Eendrag Manskoshuis in Stellenbosch ‘n Leierskap Ontwikkelingsfunksie aangebied en ek en ‘n medeleerder, Nicky-Louise Byrne het die geleentheid gekry om Hoërskool Strand te verteenwoordig.
Die geleentheid is professioneel aangebied en elke individue is welkom geheet deur elke tweedejaars-komiteelid wat hierdie geleentheid aangebied het. Ben Moolman, die Primarius van Eendrag Manskoshuis, het na die verwelkoming die rol van leier duidelik uiteengesit op ‘n eenvoudige, maar wel doeltreffende, wyse. Tydens sy toespraak het het hy aangehaal dat leierskap nie ‘n titel is nie, maar dat dit ‘n posisie is. “Dit is ook belangrik om te besef dat leiers op ‘n tyd volgelinge was”, het hy ook genoem. Die mees treffende deel van sy toespraak was ‘n sakeleier se motiveringsvideo oor leierskap. “The cementary is the richest place on earth” was die inleiding van hierdie video. Eers kon ek nie verstaan wat die sakeleier bedoel het nie, maar verder in die toespraak het die dieper betekenis aan die lig gekom. Die rede hoekom die sakeleier gesê het dat die begraafplaas die rykste plek op aarde is, is bloot omdat mense nie hulle volle potensiaal bereik het nie en nie al hulle talente en idees gebruik het om hulself sowel as ander rondom hulle te ontwikkel nie. Sodoende sterf hierdie onuitgesproke idees en talente saam met die individu en word in die begraafplaas tot niet verklaar. Die slotsom van hierdie video is eenvoudig: “Live your life to the fullest and die empty.”
Na Ben Moolman se toespraak het Chris van der Meulen, entrepreneur en ontwerper van die List Application, ons toegespreek. Hy het sy wysheid en ervaring met entoesiasme oorgedra. Hy het in 2017 die geleentheid gehad om na die Graduate School of Bussiness in Stanford te besoek en opleiding daar te ontvang. Sy verhaal oor hoe hy daar gekom het, is motiverend vir enige jong entrepreneur met ‘n lewensvatbare besigheidsidee, soos Chris se idee oor die toepassing wat hy ontwerp het. Die belangrikheid van hulpbronne en wie jy ken, is beklemtoon. Die toespraak is afgesluit met die aanhaling: “People are not competitors, they are future collaborators.”
Yeki Mosomathane, Direkteur van Multiculturalism by die Universiteit van Stellenbosch, het uitgebrei oor diversiteit en “multiculturalism” in skole sowel as op univerisiteit. Elke individue kon in groepsgesprekke eerstehandse ervaring deel en die onderwerp deur middel van kommunikasie onder die knie kry. Die laaste deel van die dag is aangebied deur die tweedejaars-komitee oor nege probleme wat Suid-Afrika in die oë staar. Hierdie problem is krities in groepsverband ontleed en moontlike oplossings is ontwikkel.
Die dag kan in een sin opgesom word: “Live your life to the fullest and die empty.”
Become a Sponsor
5