Op Vrydag en Saterdag 2 en 3 Maart het 25 atlete van Hoërskool Strand aan die Boland atletiekkampioenskap by Dal Josafat deelgeneem. Die kompetisie by hierdie byeenkoms is baie sterk, aangesien atlete van alle streke in die Boland deelneem.
Ses atlete het aandie kwalifiserende standaarde voldoen en is in die Boland-span opogeneem om op 9 en 10 Maart aan die Wes-Kaap Kampioenskap deel te neem. By hierdie kampioenskap word die atlete aan nog hoër standaarde onderwerp om dan in die Wes-Kaapspan opgeneem te word en uiteindelik aan die SA Skole Kampioenskap deel te neem.
Die volgende atlete het gekwalifiseer en goeie prestasies gelewer:
Agter: Marli Botha (1e plek D.15 hamergooi), Adriaan Kennedy (2e plek S.17 hoogspring en 3e plek 400m hekkies)
Voor: Caitlin Isaacs (1e plek D.17 100m en 2e plek D.17 200m), Anél Swart (4e plek D.17 hamergooi), Jada Dippenaar (3e plek D.19 hamergooi), Carli Swart (2e plek D.15 hamergooi)