Die afgelope naweek het Armin du Plessis van Hoërskool Strand aan die Wes-Kaap Gimnastiekampioenskap aan Tuimel en Trampolien deelgeneem. Hy het 3 goue medaljes verwerf en is as lid van die Wes-Kaap gimnastiekspan gekies om aan die 2019 Suid-Afrikaans Spele in Kaapstad deel te neem.
Baie geluk, Armin!