Die Arende kan ook visvang!
Cherilies Grobler in graad 9, is ‘n ywerige varswaterhengelaar. In die 2020/2021-seisoen het sy die volgende prestasies by die CTAC (Cape Town Angling Club behaal:
· Die swaarste karp in die damesafdeling. (Hierdie karp het 4,8 kilogram geweeg en is ook Cherilies se persoonlike beste prestasie.)
· Eerste plek in die senior damesafdeling vir varswaterhengel. (Hiermee is sy die jongste dame in die klub wat al hierdie prestasie behaal het.)
Op grond van hierdie prestasies is sy genooi om in 2022 aan die WP Proewe vir varswaterhengelaars deel te neem.