Louie Smit van Hoërskool Strand het op Saterdag,16 Maart, aan ‘n karatekompetisie by die Mbekweni Gemeenskap Sportsentrum in die Paarl deelgeneem. Hierdie was ‘n kwalifiseringskompetisie vir die UWKF African Cup wat op 25-27 April in die Kaap plaasvind.
Dit is ‘n internasionale kompetisie waartydens spanne uit Afrika-lande en uit Indië deelneem. Louie het vir die kata- en kumite-afdelings brons medaljes gewen.
Op Saterdag 30 Maart het Louie aan die Shotokan Karate Kompetisie (‘n vriendskaplike klubkompetisie) in Caledon deelgeneem.
In hierdie gevegte het hy in die junior afdeling ‘n silwer medalje en in die senior afdeling ‘n brons medalje gewen.
Baie geluk, Louie!