Strand Leerder Eskom Ekspo. Michelle Pretorius, ‘n Gr. 11 leerder van Hoërskool Strand, het aan die Eskom Ekspo vir jong Wetenskaplikes in die Wes Kaap deelgeneem. Sy het ‘n goue medalje verwerf met haar projek.
In die afdeling vir Ingenieurswese, het haar projek gehandel oor “Sticking with the ocean.”
Michelle is ook gekies om die Wes Kaap te verteenwoordig. Dit sal by ‘n virtuele Internasionale Wetenskap Ekspo van 4 tot 8 Oktober wees.
Baie geluk Michelle, die Arende is baie trots op jou!
#Arendtrots