Hoërskool Nelspruit sportdeelname. Hoërskool Nelspruit het die vergunning om weer aan ‘n verskeidenheid sportaktiwiteite deel te kan neem, aangegryp.
Wintersport:
Die winterseisoen het vinnig tot ‘n einde gekom. Dit was weens die vlak 3-inperking. Die hoop is daarop gevestig dat die wintersport se ligawedstryde later hervat sou kon word. Ongelukkig het dit nie gerealiseer nie. Daar is egter nou ‘n geleentheid om ter voorbereiding vir 2022 saam te oefen.
NHS se Mambas en Rhinos het Saterdag 28 Augustus ‘n vriendskaplike wedstryd tuis teen Hoërskool Secunda gespeel. Die Mambas wen Secunda 14-0. Die Rhinos skop stof in hul opponente se oë met ‘n eindtelling van 31-13.
Mnr. Hennie Skorbinski (NHS Rugbydirekteur) sê dat hierdie vrienskaplike wedstryde die spelers ‘n geleentheid bied om weer saam te kan speel. Dit help ook om weer stelselmatig fiks te word en die nodige vaardighede onder die knie te kry vir die komende seisoen.
Hokkie:
NHS se seunshokkiespelers het Vrydag die kans geniet om teen Secunda te speel. Die o/17 seuns het vir Secunda verwelkom in die Laeveld. Die ander spanne het in Secunda gaan speel.
Uitslae:
o/17: NHS wen 4-2
o/15: NHS wen 4-1
o/14: NHS verloor 1-3
NHS sien baie uit na ‘n paar vriendskaplike wedstryde wat voorlê en ook na die krieket wat eersdaags aan ligawedstryde begin deelneem.
Sport speel ‘n baie belangrike rol by Hoërskool Nelspruit. ‘n Verskeidenheid sportsoorte word deur Hoërskool Nelspruit aangebied. Dit sluit in: atletiek, rugby, netbal, hokkie, tennis, krieket, swem, skaak, muurbal, gholf en bergfiets. Die skool se sportburo-span bestaan uit die volgende lede:
Nellies maak gebruik van 5 sportspesialiste. Atletiek is Mnr DP Badenhorst; Hokkie is Mnr Jaco Smith; Netbal is Me Renée Adendorff; Rugby is Mnr Hennie Skorbinski; Tennis is Mnr Petrus Koekemoer en die Astroveld bestuurder is Mnr Piet Uys. Die Biokinetikus is Me Joanita Badenhorst en die Psigiese afrigter is Mnr Charl Naudé.
Foto deur Riaan Swanepoel
Lees meer oor Nellies:
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/mpumalanga/mpumalanga-schools/