)

Hoërskool Nelspruit gryp vergunning van sportdeelname aan

Hoërskool Nelspruit sportdeelname. Hoërskool Nelspruit het die vergunning om weer aan ‘n verskeidenheid sportaktiwiteite deel te kan neem, aangegryp.

Wintersport:

Die winterseisoen het vinnig tot ‘n einde gekom. Dit was weens die vlak 3-inperking. Die hoop is daarop gevestig dat die wintersport se ligawedstryde later hervat sou kon word. Ongelukkig het dit nie gerealiseer nie. Daar is egter nou ‘n geleentheid om ter voorbereiding vir 2022 saam te oefen.

NHS se Mambas en Rhinos het Saterdag 28 Augustus ‘n vriendskaplike wedstryd tuis teen Hoërskool Secunda gespeel. Die Mambas wen Secunda 14-0. Die Rhinos skop stof in hul opponente se oë met ‘n eindtelling van 31-13.

Mnr. Hennie Skorbinski (NHS Rugbydirekteur) sê dat hierdie vrienskaplike wedstryde die spelers ‘n geleentheid bied om weer saam te kan speel. Dit help ook om weer stelselmatig fiks te word en die nodige vaardighede onder die knie te kry vir die komende seisoen.

Hokkie:

NHS se seunshokkiespelers het Vrydag die kans geniet om teen Secunda te speel. Die o/17 seuns het vir Secunda verwelkom in die Laeveld. Die ander spanne het in Secunda gaan speel.

Uitslae:
o/17: NHS wen 4-2
o/15: NHS wen 4-1
o/14: NHS verloor 1-3

NHS sien baie uit na ‘n paar vriendskaplike wedstryde wat voorlê en ook na die krieket wat eersdaags aan ligawedstryde begin deelneem.

Sport speel ‘n baie belangrike rol by Hoërskool Nelspruit. ‘n Verskeidenheid sportsoorte word deur Hoërskool Nelspruit aangebied. Dit sluit in: atletiek, rugby, netbal, hokkie, tennis, krieket, swem, skaak, muurbal, gholf en bergfiets. Die skool se sportburo-span bestaan uit die volgende lede:

Nellies maak gebruik van 5 sportspesialiste. Atletiek is Mnr DP Badenhorst; Hokkie is Mnr Jaco Smith; Netbal is Me Renée Adendorff; Rugby is Mnr Hennie Skorbinski; Tennis is Mnr Petrus Koekemoer en die Astroveld bestuurder is Mnr Piet Uys. Die Biokinetikus is Me Joanita Badenhorst en die Psigiese afrigter is Mnr Charl Naudé.

Foto deur Riaan Swanepoel

Lees meer oor Nellies:

https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/mpumalanga/mpumalanga-schools/

https://nelliesh.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal