[et_pb_section admin_label=”section”][et_pb_row admin_label=”row”][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text admin_label=”Text” background_layout=”light” text_orientation=”left” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”]

Dit was n bedrywige vakansie vir Hoerskool Strand se hokkie. Spelers en afrigters het op verskeie vlakke presteer.

Tydens die vakansie het vier van ons leerders uitgeblink by die landwye Suid-Afrikaanse Nasionale hokkie- toernooie. Carlin Fisher was deel van die Boland o.18 IPT B-span wat die B-afdeling gewen het.  Eljah de Wet was deel van die o.16 IPT B-span, haar span het derde geeindig in die B-afdeling. Christiaan de Wet se span het vierde geeindig tydens sy toernooi in Durban.  Christiaan was deel van die o.18 Boland C-span. Adriaan Lambrechts het as doelwagter van die o.16 IPT B-span gaan deelneem in Pretoria.  Sy span het strawwe kompetisie gehad en het 9de geeindig.

Leani van der Merwe, afrigter van die seuns o18A span, het ook tydens die vakansie haar staal gewys.  Sy was deel van die WP Platteland se A-span.  Hulle was onoorwonne in die toernooi en loop dus weg met die goue medalje.  Na afloop van die toernooi is sy ook verkies as lid van die SA Platteland A-span. Leani was ook gesamentlik die top-doelskieter van die toernooi.

Nog n Hoerskool Strand-afrigter het sukses behaal tydens die Junievakansie.  Mnr. Christo Steyn, afrigter van die seuns o.16 A-span,  het goud gewen met sy Boland PSI o.11-seuns.

Dit is ook lekker om te sien dat hokkie nie doodloop wanneer die matrikulante se skoolloopbaan tot n einde kom nie.  Melissa Kruger (matriek 2016) was deel van die WP Platteland B-span.  Melissa is ook gekies as reserwe vir die SA Platteland B-span.

 

[/et_pb_text][et_pb_gallery admin_label=”Gallery” fullwidth=”off” orientation=”landscape” show_title_and_caption=”off” show_pagination=”on” background_layout=”light” auto=”off” hover_overlay_color=”rgba(255,255,255,0.9)” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid” gallery_ids=”14359,14360,14361,14362″] [/et_pb_gallery][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Become a Sponsor