Hoërskool Strand het die afgelope naweek, 15 en 16 Maart, onder leiding van die hokkie-organiseerder, Leani van der Merwe, sy eerste Arend-minihokkiefees vir onder 18B-hokkiespanne aangebied.
Die spanne wat deelgeneem het, was Hoërskool Strand, Hoërskool Bloemhof, Hoërskool Stellenbosch, Hoër Meisieskool Paarl, Reddam, Hottentots-Holland High School, Parel Vallei High School en Rhenish Girls High School.
Dit was in die vorm van ‘n rondomtalie – sodat alle spanne wedstryde van 25 minute teen mekaar kon speel.
Met die hulp van die afrigter (Michael Alexander), spanbestuurder (Michelle Lourens) en ondersteunende ouers en lojale Arend-hokkievriende was dit twee dae van heerlike hokkie.