)

Hoërskool Strand het ‘n uitstekende Kriekettoer

Die Hoërskool Strand se eerste krieketspan het vanjaar vir die agtste keer KFC se krieketfees in Mosselbaai bygewoon. Dit was beslis ook hul suksesvolste toer tot op hede.

Vir die eerste keer het ‘n kolwer van Hoërskool Strand, Henco Stofberg, ‘n honderdtal aangeteken. Guillaume Jansen het vir die eerste keer vyf paaltjies ingeoes en vir heel eerste keer het die Strand onoorwonne van ‘n toer teruggekeer.

In die wedstryd teen Hoërskool Sentraal van Bloemfontein het die Strand ‘n briljante 293 lopies in 45 boulbeurte aangeteken, die hoogste telling die afgelope 30 jaar. Henco Stofberg, met ‘n briljante 102 lopies van 81 balle, het die boulers van Bloemfontein moedeloos gehad. Sy beurt het vier sesse en 13 viere ingesluit. Hy is baie goed deur Marinus Roux bygestaan wat ‘n uitstekende 60 lopies van 59 balle aangeteken het. Marinus het agt viere en een ses geslaan.

Hoërskool Sentraal is daarna vir 104 lopies uitgeboul. Marinus Roux, met twee paaltjies vir slegs een lopie, Guillaume Jansen, met twee paaltjies vir agt lopies, en Damian Jacobs, met twee paaltjies vir 10 lopies, het die grootste skade aangerig. Die Strand het dus die wedstryd op indrukwekkende wyse met 189 lopies gewen.

As gevolg van die reënerige omstandighede is die wedstryd teen Brackenfell oor 20 boulbeurte beslis. Die Strand het na 20 beurte 93 lopies vir die verlies van vyf paaltjies aangeteken. Die kolwers het met uitstekende hardloopwerk die telbord aan die rol gehou. Henco Stofberg het onder moeilike omstandighede 23 lopies aangeteken. Brackenfell se uitstekende boulwerk het die Strand verhoed om baie grenshoue te slaan.

Brackenfell se gedugte kolwers is daarna tot 58 lopies vir agt paaltjies beperk. In vier boulbeurte het Guillaume Jansen vyf paaltjies vir slegs sewe lopies ingeoes – ‘n briljante boulvertoning en ook ‘n persoonlike mylpaal vir hom. Damian Jacobs het hom goed bygestaan en twee paaltjies vir 10 lopies geneem. Die Strand wen dus die wedstryd met 35 lopies.

Die wedstryd teen die Hoërskool Sentraal van Beaufort-Wes is na slegs twee boulbeurte weens die reën afgelas.

Onder die leierskap van Henco Stofberg het die span van Hoërskool Strand met gedissiplineerde spel baie toeskouers in verwondering gehad. Hulle was ware ambassadeurs vir hul skool.

Hul afrigter, Christiaan Theron, se mentorskap en fyn beplanning begin nou vrugte afwerp. Hy is waarlik ‘n uitstekende afrigter wat die beste uit sy spelers kan haal. Hy is beslis vir hoëre louere bestem.

Daar kan dus met groot verwagting na die nuwe seisoen uitgesien word.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal