Nia Theron van Hoërskool Strand, het die afgelope week aan die Interprovinsiale Hokkietoernooi vir onder C-meisiespanne in die Paarl deelgeneem.
Die Boland D.16-span, waarvan sy lid was, het ‘n silwer medalje in die toernooi verower. Die Westelike Provinsie (Suid) het die goue medalje gewen en Namibië die brons medalje.
Die span het tydens die toernooi 5 wedstryde gewen. 1 verloor en 1 gelykop gespeel.
Foto bo: Die Boland D.16 Streekspan
Foto’s onder: Nia Theron in aksie