Hoërskool Strand se atletiektoekenningsfunksie het Woensdagaand, 24 April, in die skoolsaal plaasgevind en is deur ongeveer 150 gaste bygewoon – atlete wat aan die Sentraal Boland Kampioenskap en verder deelgeneem het, saam met hul ouers.
Randall Herselman, vele jare se gewaardeerde afrigter, was die gasspreker en Zaid Williams, oud-Arend-atleet was onder die gaste. Ander eregaste was Johan en Maryke van Tonder (Beheerliggamlid vir Sport en sy gade), die skoolhoof, Mnr Danie Malan en die bemarker, Anso Kemp.
Die atlete is met brons, silwer en goue sertifikate beloon – afhangende van hul prestasie wat op die APE-tabel behaal is. Drie atlete, Kristin Meyer, Marli Botha en Anél Swart is met KLUB 900-trofeetjies beloon, omdat hulle die trotse prestasie van 900 punte vir ‘n individuele item behaal het.
Die atlete wat half- en volkleure, asook medaljes behaal het, is met geraamde sertifikate beloon. Enya Scholtz het halfkleure ontvang. Die atlete wat volkleure ontvang het, is Christopher Smit, Anél Swart, Caitlin Isaacs, Adriaan Kennedy, Dewald de Koker, Kristin Meyer en Marli Botha.
Die trotse medaljewenners het ook hul medaljes in geraamde vorm ontvang. Adriaan Kennedy, Dewald de Koker, Kristin Meyer en Marli Botha. Adriaan en Dewald was in ‘n onder 20-Boland-aflosspan wat by die ASA Jeug- en Junior Kampioenskap ‘n brons medalje verwerf het vir die 4×400 aflos. Dewald het ook by die SA Skole Kampioenskap meegehelp om ‘n silwer medalje vir die Wes-Kaap vir die 4×400 aflos in te palm.
Marli Botha en Kristin Meyer het albei brons medaljes by die SA Skole Kampioenskap verower – Marli vir D.17 hamergooi en Kristin vir die D.19 10 000m stap-item.
Baie geluk aan al die atlete!
Foto bo: 3 Volkleure en Halfkleure: Anél Swart, caitlin Isaacs, Enya Scholtz, Christopher Smit, mnr D Malan